Frederika Fourie
Rang: FRESH MEAT
6de Avontoer (2011)
Motivering:
Haai ouens/vrouens = SEEROWERS!
My nig vertel my die ander dag dat mens actually op die bus mag saam-vaar en nou wil ek totally in die selfde bootjie as julle wees! (OK, dalk bietjie lame gestel, but let me finish) Goed, hier is my deal/idee/ideaal: ek en ‘n vriend van my, MJ/Johnny/Johannes Swart (in ‘n effense identiteitskrises, ek weet maar hy’s totally cool) is besig om so indie uitgewery te begin en ek sal bitter graag ‘n koffietafel-boek wil uitgee wat soos ‘n dagboek van die sowat 10 dae is (jissie, het al sulke lekker idees wat ek op ‘n ander tyd sal verduidelik!) om nie net die enkele trippie op wit en swart vas gele te he nie, maar om dit daar te stel as bewys dat hierdie dinge gebeur het - die rock and roll, die toer, die leefstyl, die drome, die oop wonde, die trane en lagbuie wat in trane eindig, die sonskyn, die seer koppe… die voorfront-voorbeeld van doen-dit-my-manier inspirasie!
Oja, ek doen ook volgende jaar my meesters (21 going on 22 is mos nie te oud vir die bus nie, ne?) oor Suid-Afrikaanse rock festivals (dink oppikoppi, strab, kinda splashy, totally ramfest, ens., en HOPELIK julle outjies) - so hierdie sal ook etnografiese navorsing wees, maar ek sal totally sjarrap daaroor en niemand se pret bederf met herinneringe aan verantwoordelikheid nie)
En mag ek nog die pappegaai op my skouer he?

