Strauss Louw

Rang: BOKKOM

5de Avontoer 2010, 6de Avontoer 2011

Motivering:

Hierdie is altyd die moeilike deel… om iets soos die Avontoer in woorde te sit wat eintlik verstaanbaar is aan ‘normale’ mense, wel Seerowers is nou nie juis jou normale gang van mens wees nie, is ‘n taak wat eerder oorgelaat moet word aan ‘n baie wyse persoon……in die geval, oom Deon wat ons elke oggend geseen het met die beste brekkie(s) wat ‘n hangende persoon ooit in hul leeftyd sal ervaar. In meeste van ons Seerowers se geval was daar nie eintlik veel tyd oorgelaat vir hang tussen al die slaap, vlieg, struikel, kruip, dans, gees, skree, sing, lag, liefde, sweet, stook, Jäger, Tidal Waves en, wel die lys gan nog aan vir baie lank in soveel verskillende vorme, klanke en reuke. Ek kan wel een ding sê wat miskien bietjie meer sin sal maak, so hier gaan ons : Die musiek, die mense, die dinge en dade, al die wonder en skandes wat die Avontoer mens mee verras, vorm ‘n familie waar almal dieselfde passie deel….oorspronklike musiek vir en van oorspronklike Suid-Afrikaanse mense. Ek dink wat ek eintlik wil sê is ek weet nie hoe of wat om te sê anders as, GEES, nie.

Once a Seerowers always a Seerower!”

TERUG