Tunet Jordaan
Rang: FRESH MEAT
6de Avontoer (2011)
Motivering:
Ek kom van Randfontein af, maar is tans woonagtig in Roodepoort. Tydens my grootword jare het ek geleer hoe om aanpasbaar te wees volgens die omstandighede waarin ek myself bevind en verantwoordelik te wees. Aan die ander kant is ek ‘n vrygees wat geniet om avonture te beleef. Die tipe wat jy (iemand ander s’n) kinders eendag vertel.
Ek het al baie beleef, maar niks in dieselfde liga as die Avontoer nie. Ek is ‘n joernalis en fotograaf, wat weet hoe om kitare in te stel, sterk genoeg is om amps te dra, weet hoe om te kook en klaar te kom met basic geriewe. Ek kan ook mense laat lag en vermaak (altyd noodsaaklik op lang bus ritte).
Ek is ook ‘n goeie toeskouer van enige live performance, kan hard klap en dans sonder om alkohol te gebruik. Ek is ook ‘n baie vriendelike en kunstige mens, met ‘n groot waardering van musiek. As jul my kies sal jul die heel beste joernalis, kok, vriend op die bus he.
Ek besit ook ‘n noodhulp tassie en kan uit baie min iets op tower.
Maar die belangrikste bo als is - Ek is ‘n ware seerower! Ek weet dat die beste goed in die lewe nie gekoop kan word nie en waardeer elke oomblik vir wat dit is. Komaan, let’s make memories together! Mens leef net een keer en wat is geld, as mens nie voluit kan lewe nie?

