Bilton Wine Estate bied aan MATT BLACK SESSIONS LAUNCH:
Bob en sop
Agter die mikrofoon was ‘n rits musikante, solo of saam-saam, uit die geledere van New Holland, Zinkplaat, Peter Mitchell, Ryno Velvet, Basson Laubscher & The Violent Free Peace, Johannine & The Rivers, Simon Swerwer, Willim Welsyn, President Sally, Joelevite en nog baie meer wat saam en apart opgetree het.
Hul opdrag: speel enige liedjies van enige Bob (Marley, Dylan, Seger, Johnson, Geldoff, noem maar op). Die gehoor trek aan as hul gunsteling Bob (bv. Bob Mugabe, Bob the Builder, ens.). Daar was ook ‘n uitstalling van kunswerke, plakkate en dies meer in dieselfde tema.
Lees Stemband se artikel oor die aand.
Kliek hier vir meer oor die Matt Black Sessions.

