geROOSter Rockfees by Paul Roos Gimnasium Stellenbosch is reeds in 2002 deur Bertie Coetzee van Zinkplaat op die been gebring. Hy was toe nog in die skool. Deur die jare het Koos Kombuis, Foto Na Dans, New Holland en baie meer daar gespeel.
Hierdie jaar se line-up het *Captain Stu, Zinkplaat, City Bowl Mizers, Die A-Span, Captain and the Caveman en nog meer ingesluit. Die Heuwels Fantasties het ongelukkig uitgetrek nadat hulle hoofsanger, Pierre Greeff varkgriep gekry het.
Prys: R50 pre-sale (R60 by die deur)
Kontak: 082 552 2959

