breedekloof_rock_show300.jpg

Die naweek van 9-11 Oktober 2009 was ’n perfekte geleentheid om van die N1 af te draai vir ’n uitspankans in Rawsonville se vars buitelug. Om vir ’n naweek die groen, die vertes, die gebergtes en veral die lekkerte van die Breedekloof se puik wyn en geselskap te kan geniet.

Soos altyd is dit Opstal Landgoed wat gesorg vir die naweek se hoogtepunt met Afrikaanse rock-legendes Koos Kombuis, Zinkplaat en Etienne Terblanche Band wat Saterdagmiddag die Kloof aan die brand gespeel het.

Dis rock op sy beste – lewendig, in die buitelug, met die Breedekloof as verhoog, ’n loom lenteson op beligting, kurke wat pop en wynglase wat rinkel as byklanke.

Kontak Opstal: Bel 023 344 3001 of e-pos wine@opstal.co.za vir besprekings / inligting.

Kliek hier vir fotos.