Is jy ’n ywerige woordfeesganger tussen 2 en 102 wat na die dag se vertonings ’n plek soek om jou skoene uit te skop, ’n whiskey in jou hand en ’n mossel in jou kies te druk en jou te verlustig in die strelende klanke van ’n blueskitaar?

Die Woordfees het in 2011 die perfekte laatnag-uitspanplek vir kunstenaars en feesvoos jolytmakers gebied: die heel eerste Black Bottle Blues-sessies, elke weeksaand by De Vette Mossel. Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli vorm die ruggraat van hierdie sessies en sal elke aand vergesel word deur ‘n gaskunstenaar uit die room van die land se Blues-geledere: Gerald Clark, Jan Blohm, Albert Frost, Dane Taylor en Basson Laubscher.

Bywoning: 1500

BACK