Verkies jy piekniekkonserte op ’n grasperk tussen die wingerde, sorgelose herfsaande met goeie wyn, ou en nuwe vriende, goeie musiek en goeie kos?

Hiervoor het Bilton Wynplaas by die aangesluit as nuwe venue by 2011 se Woordfees. Bilton is op die Annandale-pad en is die tuiste van die maandelikse “Matt Black Sessies”. Die week se vertonings sluit in Stef Bos en sy orkes, Koos Kombuis en Jak de Priester in “Brooklyn Babelaas”, aKing se vrystelling van hul nuwe album, Karen Zoid en Nick turner saam met Zinkplaat en laastens die groot afsluiting van 2011 se Woordfeesprogram: Chris Chameleon en Plush.




TERUG