Die ryk historiese wynplaas Neethlingshof het in 2011 vir die eerste keer vanjaar vir Woordfeesgangers ‘n volronde kultuurbelewenis sonder gelyke gebeid. ‘n skattejag op ’n drentelpas, met die gehoor as pioniers en medeskeppers op ‘n vindingryke uitstappie.
Slenterfeesgangers kon uitsien na ’n kosdemonstrasie en ete aangebied deur die passievolle kosskrywer en joernalis Mariëtte Crafford. Die omgewing, die skattejag, die Woordfeestema (Elwe en Selwe) en die parsseisoen bied die inspirasie vir ’n maal van padkos en towerkos, godespys in die volksmond met disse soos oestydbrood en roosterkoek met konfyte uit die wingerd en die spens se boonste rak; en ambrosia in druiweblaarpakkies as kroongereg.
Verder aan beleef jy hier ‘n proe aan Neehtlingshof se wyne, aangebied deur die kwinksinnige “eisj”-man Neels van Jaarsveld; daar ‘n trekkerrit met trekklavierklanke wat jou neem na ‘n voorlesing deur die gewilde digter Danie Marais, en verderaan ‘n kunsuitstalling deur die veelsydige kunstenaar-digter Carina Stander.
Vir die groot finale is daar ‘n sononderkonsert deur die gewilde 2010 Idols-wenner Elvis Blue. Slenterfeeskaartjies is baie beperk, maar daar is heelwat ekstra kaartjies vir net Elvis Blue, wat ‘n lekker buitelug-piekniekkonsert gaan wees.

