Zinkplaat se splinternuwe album, “Mooi Besoedeling”, word tans in Japan gedruk en daag eersdaags in Stellenbosch op. Die groep het besluit om die albumvrystelling met ‘n buitelugkonsert te vier.
Die konsert vind op Stonewall landgoed op die R44 plaas. Toegang is R60 en daar sal wyn en potjiekos beskikbaar wees, maar mense kan ook hulle eie eet-en drinkgoed saam bring.
Die album launch toer skop direk daarna af:
21 Oktober
Back2Basix, Melville, Johannesburg
22 Oktober
Tings ‘n Times, Pretoria
23 Oktober
Eenheid-‘n-Duisend Charity gig
HS Heidelberg
Die album se opname strek van Desember 2008 tot Julie 2009 en getuig van Zinkplaat se veelsydigheid, musikale vernuf en durf. Ou en nuwe aanhangers se ore sal op aandag spring met hip hop-ritmes, onverwagse funk-klanke, jazz akkoorde en onheilspellende harmonieë wat tussen die growwe folk rock-grein versteek is.
MOOI BESOEDELING is vanaf 14 Oktober landswyd in winkels en by vertonings beskikbaar.
Kliek hier vir fotos van die Stellenbosch Launch.
