December 31st, 2006

Die Eerste Avontoer '06

Na die sukses van die CD en die Launch was die logiese volgende stap om almal wat op die CD verskyn op ‘n toer te vat. De Plate Kompanjie het met kontakte in Mitchell’s Plain gekonkel en ‘n bus met ‘n drywer in die hande gekry. Gigs is van Hermanus tot in Port Elizabeth geskeduleer.
Zinkplaat, Die Helde, Foto Na Dans, Slagyster, The Orange Stilettos, Dikazzins en Sondag Sensasie is almal saam met ‘n klomp ekstra seerowers op een bus teen die kus uit.
Daar is gekamp, op sypaadjies geslaap, in die reën gejam, in die see gebad en orals musiek gemaak. Die enigste reël was dat enige iets wat oopgemaak word, moes in die sirkel omgestuur word. Ubuntu.