Seerower Kaptein

Liam “Bison” Erwin, wat op die vorige jaar se Miskruier Gaan Weskustoer die persona van ‘n Seerower begin het, lê en lees hier een van die beste boeke wat ooit geskryf is. Toevallig is hierdie boek geskryf deur Ken Kesey, wat in die 1960’s in Amerika ook ‘n klomp mal hippies in ‘n bus gelaai het en die land volgetoer het.