Die Ubuntoer '07
Die Ubuntoer was De Plate Kompanjie se mees suksesvolle infiltrasie van die Noorde.
Zinkplaat en Die Helde het oudergewoonte saamgespan en op ‘n trok geklim wat onder andere Bloemfontein, Bronkhorstspruit, Johannesburg, Pretoria, Potchefstroom en Smithfield besoek het.
Meeste van die konserte was uitverkoop en die toer is op twee opeenvolgende episodes van MK se AMP gedokumenteer.