March 11th, 2010
|
Aangebied deur Wolvendrift en Goedverwacht
Valiant Swart, Albert Frost en Zinkplaat deel die verhoog by LOCO VINO vanjaar vir ‘n mix van rock, blues en gees by Wolvendrift Landgoed.
Kaartjies:
R80 online by Computicket
R100 by die hek
Beperkte plekke beskikbaar.
February 18th, 2010
|
Aangebied deur DPK, in samewerking met die US Woordfees, kykNET, Die Burger en Beyerskloof:
Vir die eerste keer by die Woordfees: van Suid-Afrika se mees gesogte kunstenaars in splinternuwe kombinasies en produksies! ‘n Marathon-reeks onvergeetlike aande van musiek, klank en woorde op die dek van Beyerskloof – een van Stellenbosch se gunsteling-wynplase. Met heerlike wyne, ’n gesellige, intieme atmosfeer en ’n asemrowende uitsig.
Vir meer inligting, besoek www.beyerskloof.co.za.
January 4th, 2010
|
Die rit is verby, maar die uitwerking wat die MK 4de Avontoer op sy passasiers gehad het kring nog regdeur die land uit.
Fotos en videos is op pad.
November 16th, 2009
|
DPK’s Zinkplaat and The Pretty Blue Guns are included in the exciting new release, South African Indie Volume 1.
“From the heartland of South African alternative music comes SA Indie Volume 1 – an album packed with cutting-edge tunes, courtesy of SA’s indie labels and its true-to-their-roots rockers.”
click here to check it out.
November 12th, 2009
|
eF-eL
Straatligkinders
Zinkplaat
Tidal Waves
City Bowl Mizers
Thieve
Mr Cat & the Jackal
Die Tuindwergies
Ryno Velvet
Baarmoedergevoel
Foto: Mark Reitz (bitoCREATIVE)
November 4th, 2009
|
Dorpstraat skuif van hulle legendariese spot in Dorpstraat af en ons gaan vir oulaas ‘n lekker aand van goeie wyn, lekker mense en interessante verwerkings verwelkom!
Kaartjies: R 50
Daar gaan specials wees op die kos en wyn, so kom vroeg as jy iets lekkers wil eet ook.
Bookings: 021 886 6107
October 20th, 2009
|
Zinkplaat speel hierdie naweek by die Eenheid ‘n Duisend liefdadigheidskonsert in Heidelberg. Al die wins uit hierdie konsert gaan direk aan verskeie liefdadigheidsprojekte.
Ander groepe sluit in:
Glaskas
Tidal Waves
Scarlet Street
Embroil
Saarkie
Kliek hier vir meer inligting.
October 20th, 2009
|
Zinkplaat spring more oggend op ‘n vliegtuig om hulle splinternuwe album, Mooi Besoedeling, aan die Noorde van die land te gaan bekend stel.
Die albu, wat reeds opspraak in die Wes-Kaap gemaak het met sy unieke ontwerp en musikale aanslag, behoort teen weekeinde in Musica’s landwyd beskikbaar te wees.
Datums:
21 Oktober
Back2Basix, Melville, Johannesburg
22 Oktober
Tings ‘n Times, Pretoria
23 Oktober
Eenheid-‘n-Duisend Charity gig
HS Heidelberg
Kliek hier vir fotos van die Stellenbosch Launch.
October 16th, 2009
|
Zinkplaat het onlangs hulle opspraakwekkende nuwe album, Mooi Besoedeling, tydens ‘n geesgeleentheid buite Stellenbosch vrygestel.
Die konsert het afgeskop met ‘n kort video waarin die groep se geskiedenins verduidelik is, en daarna het die band hulle CD van begin tot einde deurgespeel.
Mense het op komberse op die gras gesit, en kon Zinkplaat-wyn uit Zinkplaat-glase drink. Daar was ook grstis Jagermeister beskikbaar.
Kliek hier vir fotos.
En hier vir nog meer fotos.
October 9th, 2009
|
Dis amper saterdag en dus amper tyd vir fees vier.
Opstal Landgoed hou ‘n familie sametrek op die 10de Oktober in die Breedekloofvallei met Koos Kombuis, Zinkplaat en Etienne Tereblanche wat musiek gaan maak tot die berge bewe.
Kaartjies vir Opstal live kos R60 (R80 by die deur) en sluit ‘n gratis glas wyn en inskrywing tot ‘n prystrekking in.
Vir besprekings kontak: 023 344 3001 of wine@opstal.co.za
September 21st, 2009
|
The opening bands for Die MK Vierde Avontoer was recently announced on MK Live.
Joining us on the bus for the very first time, ladies and gentle pirates, please give a warm welcome to……
Mr. Cat & The Jackal and Baarmoedergevoel.
Visit them on Facebook:
Mr.Cat & The Jackal
Baarmoedergevoel
September 9th, 2009
|
Stadig oor die Klippe is ‘n splinternuwe reispogram wat die 1ste Oktober op Kyknet begin. Die program volg vir Neels van Jaarsveld en die Stadig oor die Klippe span en kyk hoe hulle Suid Afrika plat toer opsoek na avontuur.
Zinkplaat is gevra om die temalied te skryf, en is tans in die ateljee besig om dit op te neem.