Dis Groter en dis beter en dis die 3de keer wat dit gebeur:
Groot Gees Rock Fees III in die kloof langs die rivier in Stilbaai.
13:30 Mr Cat & The Jackal
14:00 Pity the Fool
14:30 Reaanrottweiller
15:00 Willim Welsyn & Die Sunrise Toffies
15:30 The Pretty Blue Guns
16:00 Capt Stu
16:30 City Bowl Mizers
17:10 New Holland
17:50 Zinkplaat
18:40 eF-eL
19:30 Straatligkinders
20:20 Die Helde
21:10 Heuwels Fantasties
22:00 Foto Na Dans
22:50 Tidal Waves
De Plate Kompanjie bied met trots aan: Die mooiste akoestiese fees in die land. 13 - 15 Februarie
Headliners Arno Carstens&Albert Frost, Die Heuwels Fantasties, Tidal Waves, Zinkplaat, Basson Laubscher Blues All Stars en nog baie baie baie baie meer van die beste plaaslike talent gaan op die oewer van die Breërivier net buite Swellendam bymekaarkom vir ‘n naweek van musiek, kamp, kuier en swem.
Ander up and coming gees bands sluit Baarmoedergevoel, Die Einstes, 3rd World Spectator, Jo Ellis, Newton, Valskerm, Black Market Riots, Die Seisoen na Somer in.
Daar is net 2000 kaartjies beskikbaar en hulle gaan van die 14de Januarie af by alette@dpk.co.za wees.
R180 pre sold (kampplek ingesluit)
R220 by die hek.
Etienne Terblanche & Dikazzins tuck&roll in Desember in met ‘n vars nuwe toer.
Die Rooiwynrockers mik kus toe met ‘n tas vol tunes en ‘n boot vol beats.
Kom stamp kop by die volgende venues:
30 Des: Filly Fusion Plett saam met Willim Welsyn & Die Sunrise Toffies
31 Des: Havanna, JBay - Die MK 3e Avontoer met DPK et al
2 Jan: Big Blue, Mosselbaai met Akkedis
3 Jan: Hangklip
4 Jan: Barts Tavern, Strand
Desember is hier, die strande raak al voller, die Mock Charges is agter die rug, die busse is besig om gepak te word, en die kitare word getune.
Die tyd het aangebreek vir Die MK Derde Avontoer en mens kan fisies nie dit misloop nie, want jy hoef nêrens heen te gaan nie, die pret kom na jou toe!
Die MK 3de Avontoer is om die draai…maar ons kon egter nie langer wag nie, toe besluit ons om ‘n paar pre-parties landswyd te hou om almal se monde te laat water vir die groot ene.
Die datums van die Mock-charges is as volg:
Des 3: Tidal Waves en Pretty Blue Guns in Back 2 Basix, JHB. 20h00. R 40
Des 4: Pretty Blue Guns op Studio1, MK. 19h30
Des 4: Tidal Waves & Pretty Blue Guns, Tings and Times, PTA, 21h00, R 40
Des 5: Foto Na Dans, New Holland & Pretty Blue Guns @ Gecko Bar, Hermanus. 20h00, R 40
Des 5: Zinkplaat en Willim Welsyn & die Sunrise Toffies @ Filly Fusion, Plett. 20h00. R40
Des 6: Foto Na Dans, New Holland & Pretty Blue Guns @ Filly Fusion, Plett. 20h00. R 40
Zinkplaat se derde single van “Musiek Uit Die Geraas”: Hondeklipbaai.
Die musiekvideo is ‘n maand terug in ‘n vervalle huis buite Stellenbosch geskiet, met vriende en familie wat almal cameos gemaak het. The Tidal Waves het ook in die video verskyn, en Jurgen Glansman het weens onvoorsiene gebeure, 7 ure laat opgedaag.
Dit is Zinkplaat se 7de musiekvideo en oudergewoonte het Stephanus Rabie direct en produce.
Tussen toere deur keer Zinkplaat altyd terug Stellenbosch toe vir rus, maar as die manne inspirasie nodig het, is daar net een plek om heen te gaan:
PLANKIESBAR by HANGKLIPHOTEL is die misterieuse bymekaarkomplek van vele imprompto Zinkplaat gigs en meeste van die band se beste stories spruit uit aande wat daar spandeer is.
Vang die band hierdie Saterdag 15 November besig om die planke uit die dak uit te speel saam met die manne van Etienne Tereblanche & Dikazzins.
Jazz maestros, Side Effect, have decided to celebrate summer by putting on a free showcase in an idyllic setting.
The 14th of November will see the band play the Granny Forrest Amphitheater on the Helderberg Farm (R44).
Bring a wine glass and come enjoy the free wine and free music in the great outdoors. Music from 20:00.
Potjiekos will be on sale.
The Pretty Blue Guns’ debut music video “Dead Man’s Waltz” has steadily been climbing the MK Top 10 chart for the past couple of months, peaking at nr.3.
The bad news is the band just played their last gig in Stellenbosch for the year, opening for the legendary Lancaster Band in Hidden Cellar.
The good news is they have used the weekend to record a new song at TeeJay from New Holland’sCoffeesstainedvinyl studios and the boys are shooting a new video for the track. We need extras for the shoot, so contact blueguns@dpk.co.za or check out Facebook if you want to be in the video. photo: Mark Reitz
DPK is proud to present the funkiest, grooviest band this side of the milky way.
Previously known as Balkan Express, Side Effect have changed their name to more accurately match the effect they have on their crowds.
Consisting of Stellenbosch’s finest jazz musicians, this quartet are bent on bending minds.
Members include: Adriaan Brand on Trumpet (previously from Springbok Nude Girls) Marko Petrovski on Bass (previously Delta Blue) Ramon Alexander on Keys (of E.S.P Jazz Band) Neville Arnolds on Drums (also of E.S.P Jazz Band) Fred Den Hartog (from Die Helde) sometimes join the team for stellar improv sessions.
Dié dokumentêr is al drie jaar in the making. Dit volg De Plate Kompanjie se storie van die eerste Miskruier Gaan See Toer tot by die MK Derde Avontoer wat om die draai is. Seerowers, partytjies, musiek, ubuntu, en alles tussenin.
Die storie is in 4 episodes gedeel, met die eerste een wat op Dinsdag 8 Oktober uitgesaai word. Kyk elke week om 19:00 op MK vir nuwe episodes en volg die roete van Desember.
Three of DPK’s bands will be playing at the Cross My Heart rock festival at the Klein Libertas Teater in Stellenbosch in aid of the Red Cross Chrildren’s Hospital.
New Holland’s debut album “01” will hit the shops by Monday, so go out and grab it! Otherwise get it at the http://www.dpk.co.za/hossewa/ in the Neelsie Student Centre in Stellenbosch.
Check them at:
2 Okt - New Holland @ Cross My Heart Charity, KLT, Stb
10 Okt - New Holand & The Pretty Blue Guns @ Kunskafee, D’Ville
14 Okt - NEWHOLLANDOFFICIALCDLAUNCH @ AANDKLAS, STB
23 Okt - New Holland & eF-eL @ Tings ‘n Times, Pta
The Orange Stilettos are having an exhibition to celebrate the release of their debut music video, “Music Box”.
It will take place from the 19th - 27th of September at The Brasserie in Franschhoek and will feature the artwork, designs and costumes used in the video.
An exclusive performance will take place on the 19th for the opening (R150 p/p incl. wine and cheese) and on the 27th for the closing. (R100 incl. bottle of wine).
Beyerskloof het twee van DPK se bands gekies om deel te wees van hulle Sing Faith Konsert in die Hugo Lampbrechts Ouditorium in Parow op die 6de September. Die kaartjiepryse sluit wyn en kos in, asook die klanke van Koos Kombuis, Zinkplaat, Gerald Clark en The Orange Stilettos.
Die konsert is ten bate van Fetale Alkohol Sindroom.
Come and spend an exciting weekend in Franschhoek or just visit for the day purchase your access pass at any participating winery for R60pp entitling you to free tastings of the wines on offer.
Zinkplaat se Noordelike toer is gister aand in die vlerke gery toe hulle 1Time-vliegtuig deur weerlig getref is. Die vliegtuig moes omdraai en weer in Kaapstad kom land het.
Die rampspoedige toer, wat teen hierdie tyd “Die Thunder Struck-Toer” heet, moes ongelukkig gekanseleer geword het.
Die volgende gigs is afgestel:
- Back2Basix saam met Die Melktert Komissie
- Picasso’s (acoustic)
- Maloney’s met Revolusie
Ons vra onverskoning vir almal wat moeite gedoen het om by die shows te kom. Zinkplaat sal binnekort weer shows daar kom hou.
‘n Paar van DPK se bands is deel van die Sypaadjie Sessions. Fans kan hulle name en die bands wat hulle kies se ooreenstemmende kode na 41952 SMS en die kans staan om ‘n klomp pryse te wen.
Die bands wat wen speel by die groot Sypaadjie Sessions gig.
“Rock against racism” is as hierdie jaar se tema gekies.
Ons voel dat Suid-Afrika steeds baie haat wegsteek en dat insidente soos die Reitz-video in Bloemfontein ‘n vernietigende effek op ons verhoudings, ekonomie en sameleweing in Suid-Afrika het.
As maatskappy glo ons in die raaksien van die positiewe, maar kan ongelukkig nie altyd die enorme realiteite ignoreer nie.
Dus het ons besluit om die mense betrokke by die toer hierdie idee te laat versprei en hopelik ‘n wesenlike verskil in ons land te maak.
Ons generasie is die toekoms van SA en moet saamstaan in ‘n land waar almal ‘n plek het en als deel, in die gees van Ubuntu.
Kliek hier vir ons roete
En kliek hier vir meer inligting.
Die Helde se Fred en Zinkplaat se Bertie is altwee onlangs deur LitNET gevra om bietjie oor die liriekeskryfproses te praat. Die onderhoude kan hier gelees word.
New Holland hopped a plane this morning to go on their first national tour to the North.
Playing with bands such as Straatligkinders, Southern Gypsy Queen, Revolusie and Reaanrottweiller, they are also spreading the word of the up and coming UBUNTOERII: Rock Against Racism tour of which they will also be part.
Die Helde speel die 9de Mei saam met Bed On Bricks en The Plastics by Mercury Live in Kaapstad. Dit gaan ‘n partytjie wees waar geen mens gaan kan stilstaan nie.
Stellenbosch’s own guitar man Basson Laubscher and his backing band, The Violent Free Peace which consists of master of groove Beitel on the bass and the pillar of the beat mr Herman Niewoudt on the drums, will be taking over Dorpstreet Theater for a night of passionate blues and boogie and a little bit of Johnny Cash thrown in!
These nights are always a jam so expect guests to join the fun. Its rumored that Gerald Clark (Delta Blue) may join on the harmonica and Mr Simon Orange (Blues Broers) might join the jam as well!
So come on and sit yourself down with a whiskey on the rocks and experience some killer blues! For bookings contact the venue at 021 886 6107 and the damage is R40
Die Helde en eF-eL speel vir die eertse keer sedert die MK Tweede Avontoer saam in Die Hidden Cellar in Stellenbosch.
eF-eL is hier op ‘n toer en altwee groepe is tans op die MK Top 10 met hulle onderskeie musiekvideos.
One of DPK’s most loyal seerowers, Phillip “the guru” Mathysen, was featured on Carte Blanche tonight, talking about the brutal use of mace in his face in the recent Bohemia drug raids. It is clearly shown on the CCTV footage that Phillip was busy standing up to the policemen for assaulting a girl.
Another seerower, Diana Louise Kotze, was also featured in the episode.
DPK’s newest band, New Holland, are opening for Foto Na Dans at Assembly this coming Friday (the 14th of March.)
It will be Foto Na Dans’s new Live Video launch, so don’t miss the event and don’t miss New Holland.
Zinkplaat en Die Helde vertrek Woensdagoggend op ‘n mini Noorde Toer.
Hulle stop by Back2Basix Donderdagaand (13de Maart), dan speel hulle saam met Reaanrottweiller in Die Draak in Potchefstroom (14de Maart) en einig die naweek met ‘n groot rockshow in Hatfield Square op die Saterdagaand (die 15de Maart) saam met eF-eL.
Three of De Plate Kompanjie’s bands are playing concerts for Stellenbosch’s Woordfees.
4th of March - Zinkplaat&Anton Goosen playing in Dorpstraat Teater.
8th of MArch - Die Helde and New Holland playing with Lukraaketaar&Akkedis in Dorpstraat Teater.
Come support the boys.
For bookings: info@dorpstraat.co.za
Die Helde, een van Stellenbosch se mees energieke bands speel saam met Kaapstad se funk masters, The Allstar Funk Four. Vir ekstra gees is Durban se verteenwoordigers ook genooi, naamlik Gonzo Republic.
Ons hou tans ‘n kompetisie waar al die seerowers (of toekomstige seerowers) wat op die MK Tweede Avontoer was baie pryse kan wen. Ons het verskeie vouchers van die Mabu Vinyl Store in Kloofstraat, Kaapstad wat jy maklik kan wen deur eenvoudig een van jou stories wat jy op toer ervaar het, vir ons te stuur. As jy ‘n foto by kan sit, nog beter.
Ons het vouchers en hemde, so stuur julle stories so vinnig as moontlik na beer@dpk.co.za
Die sluitingsdatum is 16 Januarie 2007.
Die Mosselbaai malhuis het die toer’gees net verder gedruk. Teen die tyd wat ons saterdag vir Plettenbergbaai bereik het, was almal steeds lus vir ‘n partytjie. Ons het op die Plettenbergbaai Rugbyklub se velde geslaap.
Die gigs het baie goed gegaan, met die klub wat propvol geprop was. Die Plett-polisie het ons egter verbied om mense jonger as 18 in te laat, so baie jammer vir die wat nie kon inkom nie. ons sal spesiaal volgende jaar all ages shows ook reel.
Die kampplek het daardie aand ook in ‘n partytjie van sy eie ontaard.
Hoewel dit van die kleinste gigs was, het die mense baie gees getoon en het al die bands dit baie geniet.
Na Stilbaai was die hele toergroep in ‘n goeie bui. Soos die busse teen die N2 opgevaar het, het die bui net beter geword. Ons het selfs vir Gerdus van New Holland vergeet, en hy moes toe duimgooi na ons toe.
Camelot, waar die bands gespeel het, is ‘n lekker plek. Ons het laasjaar ook daar gespeel en dit was toe al lekker. Vanjaar het dit nuwe eienaars, is dit bietjie groter eswyn het meer mense opgedaag as wat ons voor kon hoop. Ons moes selfs mense wegwys. Die polisie het later ook kom pla omdat hulle bang was jong mense drink. Ons wou egter nie dat hulle die jong mense weg van die musiek af hou nie, en het toe gemaak dat jong mense ook kon inkom.
Die bands het baie goed gespeel en Chris chris Chameleon het selfs kom inloer.
Ons het buite Mosselbaai in ‘n skuur gekamp en het een aand ‘n Trance Party buite die skuur gehou. Dit was ‘n seerower inisiatief en was baie goed ondersteun.
Die fotos van daardie aande is oppad. Gaan kyk ook by www.mk89.co.za na Tertius Kapp se blog oor die toer.
Die MK Tweede Avontoer het op die aand van die 1ste Januarie weer in Stellenbosch geland.
Min het verwag dat die tweede been van die toer so suksesvol sou wees, alhoewel die Hermanus insident waar die polisie die venue kom toemaak het, reeds ‘n aanduiding was dat die toer aandag trek.
Die tweede been, wat op die 26ste Desember begin het, het met die Groot Gees Fees in Stilbaai afgeskop. Laasjaar het ons 700 mense getrek. Hierdie jaar het 2000 opgedaag. Die line-up van die aand het gehelp om met elke band die gehoor meer en meer op hulle voete te kry.
Bundi Productions het wondere met die klank verrig, terwyl die sekuriteit hulle hande volgehad het om geesdriftige mense buite te hou tot hulle betaal het.
Met Neels van Jaarsveld as die seremoniemeester, en ongelooflike bands, was die aand ‘n regte Groot Gees Fees. Dit is ook noemenswaardig dat dit in elke ander kusdorp op daardie aand gereen het, behalwe op Stilbaai.
‘n Seerower is ‘n anderste ding. Hulle is mense, maar hulle is ook bietjie meer as mense. ‘n Seerower bekommer homself nie oor die onnodige goed in die lewe nie. Seerowers weet dat dit wat saakmaak, is goedkoop of verniet, en die res is net ‘n keuse. lees meer …
Merchandise?
CD’s, DVD’s, T-shirts, caps, badges ens.
Gaan soontoe.