Ons hou tans ‘n kompetisie waar al die seerowers (of toekomstige seerowers) wat op die MK Tweede Avontoer was baie pryse kan wen. Ons het verskeie vouchers van die Mabu Vinyl Store in Kloofstraat, Kaapstad wat jy maklik kan wen deur eenvoudig een van jou stories wat jy op toer ervaar het, vir ons te stuur. As jy ‘n foto by kan sit, nog beter.
Ons het vouchers en hemde, so stuur julle stories so vinnig as moontlik na beer@dpk.co.za
Die sluitingsdatum is 16 Januarie 2007.
Plate as Pryse
MK Tweede Avontoer-Plettenbergbaai
Die Mosselbaai malhuis het die toer’gees net verder gedruk. Teen die tyd wat ons saterdag vir Plettenbergbaai bereik het, was almal steeds lus vir ‘n partytjie. Ons het op die Plettenbergbaai Rugbyklub se velde geslaap.
Die gigs het baie goed gegaan, met die klub wat propvol geprop was. Die Plett-polisie het ons egter verbied om mense jonger as 18 in te laat, so baie jammer vir die wat nie kon inkom nie. ons sal spesiaal volgende jaar all ages shows ook reel.
Die kampplek het daardie aand ook in ‘n partytjie van sy eie ontaard.
Hoewel dit van die kleinste gigs was, het die mense baie gees getoon en het al die bands dit baie geniet.
MK Tweede Avontoer-Mosselbaai
Na Stilbaai was die hele toergroep in ‘n goeie bui. Soos die busse teen die N2 opgevaar het, het die bui net beter geword. Ons het selfs vir Gerdus van New Holland vergeet, en hy moes toe duimgooi na ons toe.
Camelot, waar die bands gespeel het, is ‘n lekker plek. Ons het laasjaar ook daar gespeel en dit was toe al lekker. Vanjaar het dit nuwe eienaars, is dit bietjie groter eswyn het meer mense opgedaag as wat ons voor kon hoop. Ons moes selfs mense wegwys. Die polisie het later ook kom pla omdat hulle bang was jong mense drink. Ons wou egter nie dat hulle die jong mense weg van die musiek af hou nie, en het toe gemaak dat jong mense ook kon inkom.
Die bands het baie goed gespeel en Chris chris Chameleon het selfs kom inloer.
Ons het buite Mosselbaai in ‘n skuur gekamp en het een aand ‘n Trance Party buite die skuur gehou. Dit was ‘n seerower inisiatief en was baie goed ondersteun.
Die fotos van daardie aande is oppad. Gaan kyk ook by www.mk89.co.za na Tertius Kapp se blog oor die toer.
MK Tweede Avontoer-Stilbaai
Die MK Tweede Avontoer het op die aand van die 1ste Januarie weer in Stellenbosch geland.
Min het verwag dat die tweede been van die toer so suksesvol sou wees, alhoewel die Hermanus insident waar die polisie die venue kom toemaak het, reeds ‘n aanduiding was dat die toer aandag trek.
Die tweede been, wat op die 26ste Desember begin het, het met die Groot Gees Fees in Stilbaai afgeskop. Laasjaar het ons 700 mense getrek. Hierdie jaar het 2000 opgedaag. Die line-up van die aand het gehelp om met elke band die gehoor meer en meer op hulle voete te kry.
Bundi Productions het wondere met die klank verrig, terwyl die sekuriteit hulle hande volgehad het om geesdriftige mense buite te hou tot hulle betaal het.
Met Neels van Jaarsveld as die seremoniemeester, en ongelooflike bands, was die aand ‘n regte Groot Gees Fees. Dit is ook noemenswaardig dat dit in elke ander kusdorp op daardie aand gereen het, behalwe op Stilbaai.
