October 20th, 2009
|
Zinkplaat speel hierdie naweek by die Eenheid ‘n Duisend liefdadigheidskonsert in Heidelberg. Al die wins uit hierdie konsert gaan direk aan verskeie liefdadigheidsprojekte.
Ander groepe sluit in:
Glaskas
Tidal Waves
Scarlet Street
Embroil
Saarkie
Kliek hier vir meer inligting.
October 20th, 2009
|
Zinkplaat spring more oggend op ‘n vliegtuig om hulle splinternuwe album, Mooi Besoedeling, aan die Noorde van die land te gaan bekend stel.
Die albu, wat reeds opspraak in die Wes-Kaap gemaak het met sy unieke ontwerp en musikale aanslag, behoort teen weekeinde in Musica’s landwyd beskikbaar te wees.
Datums:
21 Oktober
Back2Basix, Melville, Johannesburg
22 Oktober
Tings ‘n Times, Pretoria
23 Oktober
Eenheid-‘n-Duisend Charity gig
HS Heidelberg
Kliek hier vir fotos van die Stellenbosch Launch.
October 16th, 2009
|
Zinkplaat het onlangs hulle opspraakwekkende nuwe album, Mooi Besoedeling, tydens ‘n geesgeleentheid buite Stellenbosch vrygestel.
Die konsert het afgeskop met ‘n kort video waarin die groep se geskiedenins verduidelik is, en daarna het die band hulle CD van begin tot einde deurgespeel.
Mense het op komberse op die gras gesit, en kon Zinkplaat-wyn uit Zinkplaat-glase drink. Daar was ook grstis Jagermeister beskikbaar.
Kliek hier vir fotos.
En hier vir nog meer fotos.
October 9th, 2009
|
Dis amper saterdag en dus amper tyd vir fees vier.
Opstal Landgoed hou ‘n familie sametrek op die 10de Oktober in die Breedekloofvallei met Koos Kombuis, Zinkplaat en Etienne Tereblanche wat musiek gaan maak tot die berge bewe.
Kaartjies vir Opstal live kos R60 (R80 by die deur) en sluit ‘n gratis glas wyn en inskrywing tot ‘n prystrekking in.
Vir besprekings kontak: 023 344 3001 of wine@opstal.co.za