Ter viering van Bilton se “Matt Black” Bordeaux-versnit, ‘n splinternuwe reeks musiek-en-kuieraande! Maandelikse sessions bied vir Stellenbossers en die Helderbergstreek ‘n splinternuwe musiekervaring, weg van die gewone cliché-vertonings wat die kalender volpak. Elke Matt Black Session is uniek, interaktief en outentiek. Spotgoedkoop en met uitstekende plaaslike kunstenaars, kunsuitstallings, temas vir aantrek, lekker kosse, wynproe, koffie en veel meer, is hierdie een partytjie in ‘n maand wat jy nie kan misloop nie!
Die heel eerste Matt Black Sessions was ‘n groot sukses met ‘n rits musikante, solo of saam-saam, uit die geledere van New Holland, Zinkplaat, Peter Mitchell, Ryno Velvet, Basson Laubscher & The Violent Free Peace, Johannine & The Rivers, Simon Swerwer, Willim Welsyn, President Sally, Joelevite en selfs nog ‘n paar wat hulde aan Bob bring.
Hul opdrag: speel enige liedjies van enige Bob (Marley, Dylan, Seger, Johnson, Geldoff, noem maar op). Die gehoor moes aantrek as hul gunsteling Bob (bv. Bob Mugabe, Bob the Builder, ens.). Daar was ook ‘n uitstalling van kunswerke, plakkate en dies meer in dieselfde tema.
Kliek hier vir Fotos en hier vir Stemband se artikel oor die geleentheid.
