FAQ’s:
GELD: daar gaan ‘n mobile ATM wees
GERIEWE: Die storte en badkamergeriewe is lekker, goeie kwaliteit en word 24/7 skoongemaak
KRAGPUNTE: daar is kragpunte by al die staanplekke
KAMPEERPLEK: First-come-first serve - mense kamp maar soos hulle luskry so kom vroeg as jy picky is.
DINGE OM TE DOEN: swem, visvang, paintball, kanoe, stap, bergfietsry, fun run, Floating Green Hole-in-one Challenge (daar’s ‘n green in die middel van die rivier waarheen mense kan hole-in-ones probeer slaan)
KROEG & KOS: daar is ‘n lekker kroeg en kosstalletjie, maar mens kan enigiets self ook bring & braai
AFSTAND: dis so 2 ure van Kaapstad af, afhangend van verkeer
RY DAAR BUS? Ja, vir busse uit die Kaap en Stellenbosch kontak bertie@dpk.co.za, vir die party bus uit Pretoria kontak vir Tjoppie die Duif by tjoppie07@gmail.com
WAT OM TE BRING? kamp & swemstuff, sonblok, peaceful sleep, sambreel of seiltjie vir jou tent vir as dit reen
WAT AS DIT REEN? laas jaar het almal 1h die nag vir die Heuwels se show in die reen gewag en verder geparty, maw DAN dans ons!
IS RAKA REGTIG DIE BESTE FEES IN DIE WERELD? Ja, of nee, dis beter as dit, kom kyk as jy my nie glo nie.
BRAAIGERIEWE: Daar’s braaidromme. Bring jou eie hout.
BERGFIETSRESIES: Saterdagoggend 7:00, 15km