Die Ubuntoer ‘07 was De Plate Kompanjie se mees suksesvolle infiltrasie van die Noorde van dié jaar. Zinkplaat en Die Helde het oudergewoonte saamgespan en saam met ‘n klomp ekstra seerowers die pad Pretoria toe in ‘n groot geel trok aangedurf.
Behalwe vir die twee bands was daar 15 ekstra seerowers, een joernalis en die klank en ligte-manne van Bundi Productions.
Meeste van die venues was uitverkoop gewees terwyl die toer ook deur twee opeenvolgende episodes van MK se AMP gedokumenteer is.
In Bronkhorstspruit het Deon van Die Sinkshack soos altyd homself soos ‘n uitnemende gasheer gedra. Hy het vir almal slaapplek en kos gegee. Hy het spesiaal snoek en prawns ingevoer vir die AMP episode ook.
Zinkplaat saam met Herman van AMP. Hy het sy enkel gebreek en het heeldag rondgehop. Die snoek is speisaal ingevoer.
Andre van Die Helde in Potch se Bourbon’s. Reaanrottweiller het daardie aand as ons gashere opgetree.
Chantal in Back 2 Basix. Basson het daardie aand verjaar en die partytjie het daarvolgens ontwikkel.
Die laaste dag in Pretoria is Die Helde ook ge-AMP. Hier is hulle akoestiese optrede in Hatfield Square.
Die laaste aand van die Ubuntoer ‘07 het in Smithfield in die Vrystaat beland. Die hele toergroep is deur die burgemeester genooi vir ‘n skaapkopeetkompetisie in die stadsaal en die konsert het op die dorp se rugbyveld onder ‘n groot tent plaasgevind. Dit was die mees gepaste einde tot ‘n toer.
Vir verdere videos van die laaste aand gaan kyk by http://www.youtube.com/watch?v=VcgTEpmFyQk
