UBUNTOER II

ubuntoer_ii_-_poster_2.jpg

Tussen die 13de en die 21ste Junie 2008 het drie Kaapse musiekgroepe weer die pad na die Noorde toe aangedurf. De Plate Kompanjie se Zinkplaat, Die Helde en New Holland het oudergewoonte saamgespan om die gees van Ubuntu met die hulp van die hoofborg, Chatta’ Box, ‘n nuwe Distell-wyn vir studente, deur die land te versprei.

Hierdie toer was die tweede van sy soort met 2007 se Ubuntoer wat die fondasie gelê het.

Die tema van hierdie jaar se toer was “Rock Against Racism”. Hoewel dit ‘n konsep is wat in Brittanje ontstaan het, voel al die bands, borge en maatskappye betrokke dat dit veral nou op Suid-Afrika ook van toepassing kan wees.

Die doel van “Rock Against Racism” was bewusmaking. In hierdie verband is daar vanuit die Afrikaner kultuur ‘n boodskap gestuur. Die hoop is dat toekomstige Ubuntoere volkome gediversifiseerde musikale programme aan volkome gediversifiseerde gehore kan bied. Hierdie is net die begin…

Ubuntoer II Article on Oppikoppi

Ubuntoer II: Crew Commentary

vuis_vir_dpk_site3.jpg

Betrokke Partye:

Bands

  • Voltyds op toer:
    Zinkplaat
    New Holland
    Die Helde

  • Ander:
    Straatligkinders
    eF-eL
    Reaanrotweiller
    Tidal Waves
    Die Melktert Kommissie
    Bed on Bricks

Datums en Venue’s:

13 - 21 Junie 2008

13 - Aandklas, Stellenbosch. Met Bed on Bricks (R30)
16 - Mystic Boer, Bloemfontein. Met Straatligkinders. (R30)
17 - Picasso’s, Potchefstroom. Met Reaanrottweiller. (R30)
18 - Tings and Times, Pretoria. Met Tidal Waves (R30)
19 - Studio 1, MK. Die Helde, Zinkplaat en New Holland (FREE)
20 - Back 2 Basix, Jo’Burg. Met Die Melktert Kommissie.
‘n UJFM-event (R50/studente;R60/publiek)
21 - Hatfield Square, Pretoria. Met Ef-El (T.B.C)

Kliek hier vir ons roete

Chatta’ Box was teen uitstekende pryse by al die venues te koop gewees.